top of page
  • Stephan Joubert

Ek gaan nie… ek gaan…


  • In 2023 gaan ek nie my laat beïnvloed deur verbitterdes en hooploses nie. Hoopvolle mense wat die Here ken en dien, gaan my mentors wees. Ek praat van daardie klein groepie gelowiges wat in die taal van Romeine 5 te midde van hooploosheid glo en vasbyt. Ek gaan by hulle leer om dieselfde te doen.

  • In 2023 gaan ek nie fokus op alles wat is verkeerd in die wêreld en in die kerk nie. Ek gaan kies om daardie dinge raak te sien wat is reg op God se front.

  • In 2023 gaan ek nie ander mense afkraak of uitbuit tot my eie voordeel nie. Gedurig gaan ek die Here vra om my hart sag te maak sodat ek ander mense sal dien en te respekteer.

  • In 2023 gaan ek nie myself doodjaag na wie weet wat toe nie. Ek gaan elke dag doen wat ek moet doen. Ek gaan elke aand rustig slaap, soos wat Psalm 3 en Psalm 4 my leer om te doen.

  • In 2023 gaan ek in die taal van Josua 24:15 kies om die Here te dien saam met my familie. Daarom weet ek by voorbaat dit gaan ’n goeie jaar wees.

bottom of page