top of page

Eers omgee dan inspraak


Elmarie van der Westhuizen skryf in haar nuutste artikel oor hoe omgee eerste kom voor ons inspraak kan lewer in mense se lewens.
Eers omgee dan inspraak
“Nobody cares how much you know, until they know how much you care.”

Theodore Roosevelt


Jare gelede het my sussie saam met my ma by die onkoloog gesit, toe sy die nuus moes kry dat sy kanker het. Wat saam met hierdie herinnering uitstaan, is nie net die skok om so ‘n diagnose te kry nie, maar die liefdevolle omgee waarmee die dokter hulle op daardie oomblik (en die maande daarna) behandel het. Toe hy daarna aan hulle die tegniese detail van die siekte en die behandelingsplan verduidelik, was dit nie klinies en koud nie – dit was hanteerbaar, omdat hulle ervaar het dat hy omgee.


Die basis van enige vertrouensverhouding is dat mense weet dat jy omgee. Dis ‘n menslike behoefte om verstaan en aanvaar te word. “I’ve learned that people will forget what you said, people will forget what you did, but people will never forget how you made them feel,” het skrywer Maya Angelou gesê. Mense gee nie regtig om hoeveel jy weet en hoeveel kennis jy het nie, totdat hulle beleef dat hulle gehoor is. Wat vir hulle regtig saak maak is dat jy omgee.


Selfs ‘n teregwysing word beter aanvaar, wanneer dit gesien word as “laced with love”. Die apostel Paulus het die gemeentes in klein Asië telkens van sy liefde en besorgdheid vir hulle verseker. Daarom het hy nie nodig gehad om te huiwer om reguit te praat, wanneer dit nodig was nie.


As ek dink aan mense, wat ‘n impak op my lewe gehad het, besef ek dit is nie noodwendig hul kennis en geleerdheid waarvoor ek hulle onthou nie. Meestal is dit eerder hul opregte belangstelling en omgee wat lewensveranderend was of is en die grootste impak gehad het. Die goeie raad en lewenskennis, wat daarna in my lewe ingebou is, sal ek bly waardeer.


Voordat ekself egter my opinie of raad gee, moet ek eers net aandagtig luister, myself in die ander persoon se skoene plaas en aan hulle woordeliks of nie-verbaal kommunikeer dat ek omgee. Wanneer ek dan uiteindelik om raad of advies gevra word, of selfs sien dat dit nodig is dat ek inspraak moet lewer, kan ek dit doen, omdat ek groter begrip in hulle situasie gekry het en daar nie twyfel is oor die opregtheid van my liefde nie.


For this reason, ever since I heard about your faith in the Lord Jesus and your love for all God’s people, I have not stopped giving thanks for you, remembering you in my prayers. As a prisoner for the Lord, then, I urge you to live a life worthy of the calling you have received.

(Ephesians 1:15, 16; 4;1 - NIV UK)


Comments


bottom of page