Eerlikheid is ons normale manier van leef voor God en tussen ander
top of page

Eerlikheid is ons normale manier van leef voor God en tussen ander


Daar word vertel dat die Siniese filosoof, Diogenes (412-323 vC), bedags met ’n lamp rondgeloop het. As mense hom gevra het hoekom hy dit doen, het hy geantwoord hy is op soek na ’n man. Diogenes het bedoel hy was op soek na ’n eerlike man. Nêrens kon hy blykbaar so iemand raakloop nie, nie eens in die helder daglig nie.


Eerlikheid is vandag steeds ewe skaars. Leuens, oneerlikheid en bedrog werk veel beter vir baie mense. Leuens het eintlik die nuwe normaal geword. Skoliere, werknemers en familielede vertel leuens sonder om te blik of te bloos. Dit kos al hoe meer moed om eerlik te wees. Wag, dalk is dit nie so moeilik nie. Wanneer eerlikheid een van die boustene van ons verhouding met die Here is, dan vorm dit deel van ons normale leefwyse. Dan gebeur eerlikheid nie net toevallig of episodies in ons lewe nie. In gewone taal gesê: dan gebeur dit nie net op sekere tye en binne sekere situasies, wat onsself pas nie. Eerlikheid gebeur dan ook wanneer dit ons nie pas nie en wanneer dit vir onsself ongemaklik is. Eerlikheid is ons normale manier van leefin God se teenwoordigheid en tussen ander mense.

bottom of page