Een van ons
top of page
  • Writer's pictureekerk

Een van ons


Lees Johannes 16:14


Ek hoor onlangs van die bestuurder van ‘n groot Amerikaanse waspoeiermaatskappy, wat in Sjina werk, maar wat eers vir ‘n paar maande tussen die plaaslike mense daar gaan bly het voordat hulle produkte geloods is. Toe vind hy in daardie tyd uit dat die water in Sjina te “hard” is en nie skuim maak as waspoeier bygevoeg word nie. Hierdie slim bestuurder se oplossing het miljoene rande aan sy maatskappy besorg, toe hy ‘n nuwe ensiem by hul waspoeier gevoeg het, wat skuim maak. Die sleutel tot sy sukses was om tussen die mense op grondvlak te leef. Dit het Jesus ook gedoen. Daarom is Hy ‘n ware Verlosser.


Jesus is die Een, wat regtig medelye met al ons swakhede het, omdat Hy die lewe deur en deur ken. Hy was self hier. Hy was tussen ons. Jesus het die pad geloop, enduit en tot anderkant die wenpaal. Daarom is Hy die regte medisyne vir al ons aardse pyne. Nog beter, daarom het Jesus die Gees persoonlik na ons toe gestuur om tussen ons te kom bly. Op Sy beurt ken die Gees ons daaglikse stryd soos die palm van Sy hand. Daarom kan ons Hom met ons ganse lewe vertrou, want Hy is in ons en by ons. Nooit is ons sonder Sy simpatieke versorging nie. Nooit is ons buite Sy magtige hand nie.


Gebed:

Gees en Christus, dankie dat U tussen ons is en weet wat ons daaglikse stryd behels. Amen.

bottom of page