Diens tel
top of page

Diens tel


In Stephan Joubert se nuutste Heilige Gees artikel skryf hy oor wat die karakterienskappe is van 'n Geesvervulde kerk
Diens tel

Kerkwees beteken vir Geesgevuldes nie om nog meer betrokke te raak by die eredienste en Bybelstudies van hul plaaslike kerk nie. Te veel mense dink dat groter toewyding aan die Here in dieselfde asem beteken dat jy nog meer dinge elke week by die kerk moet bywoon. Nou ja, daars niks mee verkeerd om sulke kerklike aksies te ondersteun nie. Inteendeel! Maar dis nog lank nie genoeg nie. Eers wanneer Christene wegstap van kerklike persele af en in die regte wêreld daarbuite begin impak maak, wys Geesgevuldheid regtig. Tot dan is dit eintlik net teorie! Tot dan oefen ons maar net nog in die kerklike wegspringblokke. En helaas kom party mense nooit weg uit hulle wegspringblokke nie!


Vir mense wat daagliks Geesgevuld leef, gaan dit daaroor dat hulle selfstandige diensaksies vir Christus in plek kry op daardie plekke waar hulle daagliks leef en werk. Hulle wil graag ander dien met Jesus se liefde. Dienslewering is immers die hartklop vir Geesvervulde mense. Hulle kan hulself nie help nie. Ander se nood en laste moet eenvoudig ook plek kry op hulle skouers.


Een inspirerende kerk wat regtig Geesdeurdrenk leef waarvan ek weet gee tans elke maand al hulle geld weg en begin elke daaropvolgende maand met ‘n nuwe begroting. Hulle verstaan Geesvervuldheid beteken om mense te dien en om daarom van die wêreld ‘n beter, liefdevoller plek te maak in Christus se Naam. Leef soos hulle!


Gebed

Heer, leer my om te dien soos U. Amen

bottom of page