top of page
Elmarie van der Westhuizen

Dien God in die alledaagse


“It takes Almighty grace to take the next step when there is no vision and no spectator – the next step in devotion, the next step in your study, in your reading, in your kitchen; the next step in your duty, when there is no vision from God, no enthusiasm and no spectator.” - Oswald Chambers

Elke dag is daar goed, wat ons oor en oor doen. Dieselfde as gister en eergister … en dieselfde vir môre. Die normale, soms vervelige, alledaagse verantwoordelikhede, die baba se doek, wat vir die soveelste keer geruil moet word, skoolkosblikke en skooltasse, wat gepak word, die kruideniersware, wat gekoop word, die motor, wat vol brandstof gegooi word. Ook by ons werkplek is daar herhalende take, wat elke dag dieselfde is… Dit voel alledaags, vervelig en onbeduidend, glad nie spiritueel nie. En ons wonder wanneer ons die geleentheid gaan kry om iets groots vir God te doen. Hierdie voel net nie goed genoeg nie


Ons lewens hou op om alledaags te wees en begin sinvol word, nie as ons iets “opwindends” begin doen nie, maar wanneer ons God dien waar ons is. Dramatiese lewensveranderende oomblikke in ons lewe gebeur miskien ‘n paar maal gedurende ons leeftyd. Die res van ons lewe word in die alledaagse geleef -

“If God doesn’t rule your mundane, then he doesn’t rule you. Because that’s where you live.” - Paul Tripp

Dit is in die normale, alledaagse verantwoordelikhede waar ons God getrou dien.


Alles, wat ek in die Naam van Jesus doen, het ewigheidswaarde, al kan ek dit nie dadelik raaksien nie. Die Samaritaanse vrou het met haar alledaagse waterskep ‘n ontmoeting met Jesus gehad, wat haar eie en haar dorp se lewe verander het. Net so kan ek, wanneer ek tee vir die baas aandra of stoele regsit vir ‘n direksievergadering, deur my gesindheid die teenwoordigheid van Jesus sigbaar maak.


"If we have God’s assurance behind us, the most amazing strength becomes ours and we learn to sing, glorifying Him even in the ordinary days and ways of life”. - Oswald Chambers

Commentaires


bottom of page