Die waarheid is ’n een-lyner lank
top of page

Die waarheid is ’n een-lyner lank


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus oor die waarheid wat ’n een-lyner lank is.
Die waarheid is ’n een-lyner lank

Eenlyners is baie gewild - daardie kort en kragtige uitsprake van een of ander bekende figuur wat jou ietwat anders oor die lewe laat dink. Sulke “quotes” wemel op die internet. Wel, Jesus is ook briljant met een-lyn lesse oor God en oor die lewe:


“Soek eerste die koninkryk van God, en alles sal vir jou gegee word.”
“Wie eerste is, sal laaste wees, en wie laaste is, eerste.”
“Bekeer julle, want die koninkryk van God is hier.”

Maar Jesus se kort en kragtige uitsprake is nie net mooi-klinkende woorde nie. Of ‘goed-voel’ lesse wat maar net bedoel is om op sosiale media uitgestal te word nie. Elke keer wil Jesus kort en kragtig ‘n ruim venster oopmaak op God se wêreld. Sy woorde is uitnodigings om vars en anders te dink oor God en oor die lewe. Dit is uitnodigings aan jou en my om in die Here se spasie in te beweeg en om die lewe deur sy oë te bekyk en te beleef. Jesus se eenlyners is kragtige padwysers na die lewende God en na mekaar toe. Lees dit. Glo dit. Leef dit agterna.

bottom of page