Die tweede hemelse Spesialis
top of page

Die tweede hemelse Spesialis


Stephan Joubert skryf in hierdie artikel oor die Heilige Gees wat die tweede hemelse Spesialis in ons lewens is.
Die tweede hemelse Spesialis

Hier’s ‘n tweede stukkie goeie nuus, saam met verlede week s’n dat Jesus ons op die markplein van die sonde kom koop het. Dit is dat, nadat Hy ons gekoop het, Hy ons dadelik oorgegee het in die hande van die spesialisnuutmaker binne die Drie-eenheid - die Heilige Gees.

Die Gees bring nie maar net ’n paar kosmetiese veranderinge in ons aan nie. Nee, sy veranderinge is lewensomvattend - Hy maak ons van kop tot tone oor en nuut. Hy verander ons daar op die plek vir altyd in tempels van die lewende God. Daarom kan Paulus in 2 Korintiërs 5:17 sê dat iemand wat in Christus is, ’n totaal nuwe mens is.

Elke Christen staan onder lewenslange bestuur van die Heilige Gees. As Hy die dag sy intrek in ons lewe neem, dan doen Hy dit ordentlik. Daar bestaan nie so-iets dat Christus en God by ons is, maar dat die Gees eers net gedeeltelik in ons lewe bly nie. So ’n siening trek ‘n streep deur die leer van die Drie-eenheid. Nee, die Gees is altyd langs Christus. Sodra Jesus ‘n sondaar koop, trek die Gees dadelik in daardie nuwe eiendom in. Dit kan nie anders nie, want elke gekoopte staan van oomblik een af onder nuwe hemelse bestuur. Die Here deel nooit sy eiendom met ander nie. Hy pas sy mense permanent op.

Gebed

Heer, dankie dat U by my lewe ingetrek het. Amen.

bottom of page