Die Stormloper is naby
top of page

Die Stormloper is naby


In sy nuutste Goeie Nuus, skryf Stephan Joubert oor Jesus as die Stormloper wat naby is.
Die Stormloper is naby

Een van die vroegste simbole wat die eerste Christene gebruik het, was dié van ’n visserskuit. Jesus se stilmaak van die storm en sy waterloop daar in Mattheus 14 was diep in hulle geheue ingeprent. Hulle het geweet die kerk is nie ’n veilige hawe doer eenkant, doer ver buite die storm nie. Hulle het geweet hulle almal was aan boord van ’n klein skuitjie op die stormsee van die lewe. En Jesus, hulle Heer, was steeds hier op die stormwaters aan die soek na drenkelinge orals rondom hulle. Saam met diegene wat Hy gered het, is Jesus altyd weer op pad terug na sy dissipels toe daar in die boot.


Die eerste Christene het Jesus se woorde baie goed onthou toe Hy daar op die See van Galilea sy benoude dissipels op die skuit raakgesien het: “Moenie bang wees nie. Dit is Ek.” Hulle het geweet Jesus, wat die groot Stormloper is, is ook die Een wat storms laat bedaar. Ligvoets op woeste waters, maar kalm te midde van die vrees, wat almal oorweldig - presies só was Jesus aanwesig by sy disspels daar in die storm. Só is Hy nog altyd aanwesig by sy kerk. Sien asseblief die Stormloper raak hier by jou.

bottom of page