Die regte afstand is omgee
top of page

Die regte afstand is omgee


Stephan Joubert skryf in sy nuutste midweek Goeie Nuus oor die regte Bybelse afstand in die COVID-19 tyd.
Die regte afstand is omgee
“Is COVID-19 dalk die Here se manier om die wêreldbevolking in toom te hou?”

vra iemand. Hulle Bybelstudiegroep wil graag weet. Ek sukkel om my skok weg te steek, terwyl ek sê:

“Dit klink amper of hulle God sien as ’n regsien-God.”

Toe wonder ek by myself of mense, wat so dink, self bereid sou wees om heel eerste aan te meld vir so ‘n vermindering van die wêreldbevolking? Of geld dit net vir ander mense op die planeet? Dit lyk my dit is maklik om te spekuleer oor God se planne totdat die moeilikheid jouself tref.


Hoekom wil sommiges so graag een of ander goddelike straf inlees in slegte gebeure? Hoekom is COVID-19 summier ’n straf van God se kant af? ’n Veel beter roete is om saam met die eerste Christene te vra:

“Hoe kan ek myself in die Here se Naam in ‘n tyd soos hierdie diensbaar maak?”

Dit is die regte vraag om te vra. Dan spekuleer ek nie oor God se handelinge vanaf ’n onbetrokke, veilige afstand af nie. Die regte afstand lyk anders. Dit is dienafstand, of eerder dien-nabyheid! Dit veroorsaak dat ek betrokke raak by kerklike en ander instansies. Ek help. Ek dien. Ek doen.

bottom of page