Die oordeel is af
top of page

Die oordeel is af


Lees Romeine 8:1


Wat ‘n fenomenale God dien ons nie! Tog het Hy gekies om Hom nie as ‘n komplekse God van wetenskaplike teorieë, syfers, dogmas of intellektuele berekenings bekend te maak nie. Nee, God het gesing toe Hy die skepping aanmekaar geweef het. Hy was in ‘n simfonie-orkessaal, toe Hy geskep het. Hy het gehuil toe Sy Kind daar aan Golgota se kruis gesterf het. Daardie Vrydag teen twaalfuur het Hy die son afgeskakel, toe Jesus se lyding ‘n laagtepunt aan die kruis bereik het. (‘n Mens kan dit seker nie ‘n hoogtepunt noem nie!)


Paulus het die omvang en impak van God se genade in Christus die heel beste van ons almal gesnap. Daarom besing hy dit so aangrypend in die Romeinebrief. Die hoogtepunt binne hierdie aardskuddende brief is ongetwyfeld Romeine 8. Dis ‘n loflied oor die Heilige Gees se werk. Dit besing Sy impak in ons lewens vanuit baie hoeke, maar dit begin alles by God se aardskuddende waarborg in Romeine 8:1 dat God se oordeel opgehef is. Dit geld vir elkeen, wat in Christus is. Diegene, wat in Hom glo en ingelyf is in Sy familie, se rekening by God is silwerskoon. Die vonnis is opgehef. Die tronkdeure staan oop. Nou het die Gees carte blanche, ‘n oop pad en ‘n skoongeskraapte land, waarin Hy Sy wonderwerke in ons lewens kan doen.


Gebed:

Hoe wonderlik, Heer Jesus, dat U sterwe die tronkdeure van die dood voor my oopgeswaai het. Amen.

bottom of page