Die lewe is nie regverdig nie, maar God is
top of page

Die lewe is nie regverdig nie, maar God is


In sy nuwe Goeie Nuus skryf Stephan Joubert dat die lewe nie regverdig is nie, maar God is.
Die lewe is nie regverdig nie, maar God is

Die lewe slaan ‘n mens partykeer ’n klipharde hou op die ken. Dit is nie aldag regverdig nie. Opregte mense verloor soms alles wat hulle besit. Skurke en skelms floreer. Die wiel is veronderstel om te draai, maar dit doen nie. Dit het iewers vasgehaak. Dit lyk of dit net beter gaan met al wat ‘n boef en ‘n skurk is, maar al hoe slegter met die Here se mense. Hoe dan gemaak? Jy moenie val vir daardie wortel wat sommiges voor jou neus swaai in sulke tye nie. Ek praat daardie gevleuelde woorde: “Glo maar net; alles sal regkom.” Soms kom dinge nie reg nie, in elk geval nie soos wat jy gedink het dit behoort reg te kom nie. Vra maar vir diegene wat hulle werk of hulle gesondheid verloor het, selfs al glo hulle. Maar wat jy wel in sulke tye moet doen is om die Bybel ernstig op te neem dat God steeds regverdig en vol liefde is. O ja, en dat jy geroep word om Hom te dien, dit maak nie saak wat mét jou en róndom jou gebeur nie. Hy is jou Herder, wanneer jy langs groen weivelde loop, maar ook as jy deur ’n donker dal moet worstel.

bottom of page