Die lewe is kort - laat joune tel!
top of page

Die lewe is kort - laat joune tel!


In 2007 het die kontemporêre Christelike sanger, Steven Curtis Chapman, ’n lied geskryf genaamd Cinderella. Dit moes hom herinner om baie tyd deur te bring saam met sy twee klein dogtertjies. ’n Paar maande later is sy een dogtertjie, Maria, in ’n fratsongeluk dood toe sy seun haar met sy voertuig omgery het. Chapman vertel dat hy nie gedink het hy kan ooit weer Cinderella sing na sy kind se dood nie. Genadiglik hy het hy dit later weer reggekry. Hy het homself daaraan herinner dat die lewe by God op beide van hulle wag.


Die lewe is kort. Dit gaan gou verby. Ons moet elke stukkie tyd, wat ons uit die Here se hand ontvang, uitkoop. Ons wag nie tot dit te laat is voordat ons mooi woorde oor mekaar vir ander mense sê nie. Ons doen dit nou reeds. Ook het ons die Here met oorgawe lief. Ons dra ons familie en vriende op die hande. Ons sing elke dag saam met Steven Curtis Chapman: “I will dance with Cinderella. I don't wanna miss even one song. Cause all too soon the clock will strike midnight. And she'll be gone!” Ons dans sommer middernag ook uit die pad uit. Doen dit in 2022.


Geseënde Nuwejaar!

bottom of page