Die Here se gunsteling dag is…
top of page

Die Here se gunsteling dag is…


Die bekende kinderboekkaraktertjie, Winnie the Pooh, vra iewers vir Piglet: “What day is it?” Toe kry hy die antwoord: ”It's today.” Hierop antwoord Pooh toe: “My favorite day.” Dit behoort jou en my gunsteling dag ook te wees, want dit is God s’n. Hy het vandag aan ons gegee. Vandag is met komplemente van die hemel by ons elkeen se lewensdeur afgelewer. Vandag is die Here se dag. So skryf Paulus in 2 Korintiërs 6. Ontvang dit as ’n geskenk uit God se hand.

Haal die geskenkpapier van vandag af. Benut vandag. Leef vandag. Moenie jou hoop plaas op die dag van môre nie. Moet ook nie wag vir beter dae nie. Vandag is presies die regte dag. Omskep dit tot eer van die Here. Seën iemand vandag met ’n besoek, ’n gebed, ’n stukkie hulp uit jou hand. Verander vandag iemand anders se lewe op die regte maniere. Doen vandag wat jy vandag moet doen. Help, bid, dien, werk, speel … Maar doen dit net, anders val nog ’n hemelse geskenk leweloos deur jou vingers. Want vandag is presies dit: Dit is God se gunsteling dag vir jou. Dit is Sy spesiale geskenk aan jou!

bottom of page