Die hemelse Bouer het die tender op jou lewe aanvaar - lewenslank!
top of page

Die hemelse Bouer het die tender op jou lewe aanvaar - lewenslank!


Stephan Joubert skryf in hierdie artikel oor die hemelse Bouer het die tender op jou lewe aanvaar - lewenslank!
Die hemelse Bouer het die tender op jou lewe aanvaar - lewenslank!

Die Here werk anders as aardse bouers. As Hy die dag die tender op jou lewe uitgereik het om daar te kom bou en die tender ook aanvaar, dan kan jy maar weet: Hy verskuif nooit weer nie! Die Here werk lewenslank aan elke aardse bouperseel van Hom. Nooit hou Hy op om te beitel aan jou lewe nie, ook nie aan ander Christene s’n, waar Hy reeds werkspersele ingerig het nie. Op elke gelowige se aardse bouperseel is daar ‘n permanente hemelse bouprojek aan die gang. Nuwe geestelike kamers moet in ons lewens bykom; binnenshuise versierings moet orals gedoen word; foute moet uitgebeitel moet word; donker hoekies moet hemelse lig kry…


Lees asseblief wat op die kennisgewingbord van jou lewe staan. Op jou bouperseel is ‘n bordjie opgerig met die woorde:

ONDER LEWENSLANGE KONSTRUKSIE VAN DIE DRIE-ENIGE GOD!

Nooit word hierdie bordjie verwyder nie. Nooit los die Here jou op jou eie, wanneer Hy die dag nuwe projekte in ander mense se lewens aanvaar nie. Die mees suksesvolle Bouer in die heelal, die Een wat al biljoene mense se lewens splinternuut herbou het, sal tot aan die einde van jou lewe bly bou en timmer aan jou! Deur Sy Gees sal God elke dag op Sy pos wees in jou lewe met sy hemelse boumateriaal. Hy sal die woorde van 1 Korinthiërs 3:16 waar maak dat jou liggaam Sy nuwe aardse tempel is.

Gebed

Dankie, Here! Dankie dat U my as bouperseel nooit verlaat nie. Amen.

bottom of page