Die Gees doen die oortuigingswerk, nie ek nie
top of page

Die Gees doen die oortuigingswerk, nie ek nie


Feite oortuig mense nie … nie altyd nie. Of genoegsaam nie! Een studie, wat ek gelees, het bevind dat pogings om mense met harde feite te probeer oortuig om hulle gedrag te verander, is sowat 3% effektief. Wanneer mense egter met empatie begelei word om hulle gedrag te verander, dan doen 37% dit. Dit geld ook wat Bybelse waarhede en inhoude betref. Ons hoef nie oor die waarheid te skree nie. Ons hoef nie al ons hoop te plaas op massas feite nie, selfs al is Bybelse feite nooit onbelangrik nie!


Genadiglik het ons ekstra hulp tot ons beskikking, wanneer ons oor die Bybel praat. En wanneer ons getuienis aflê oor ons geloof. Ek praat van die Gees van die Here. Jesus leer ons in Johannes 14 dat dit Sy werk is om mense te oortuig van die waarheid. Hy is die groot hemelse Leermeester en Oortuiger. Ons werk en roeping is om die evangelie met integriteit uit te leef en oor te vertel. Die Gees se werk is om mense se lewens om te draai en nuut te maak. Ons moet nooit aan hierdie volgorde peuter nie. Ons fasiliteer net die ontmoetings tussen Hom en mense. Dan vind lewensveranderings plaas.

bottom of page