Die duiwel is nie ’n superster nie
top of page

Die duiwel is nie ’n superster nie


As jy mense wil bangmaak, dan moet jy net vir hulle sê daar’s ’n satanis in die omgewing. Dan slaan hulle uit in koue sweet. Dalk gebeur dit omdat hulle glo duiwelaanbidders het superkragte. Mense glo sulke dinge oor die duiwel en sy aanbidders, omdat hulle nie die Bybel ken nie.


Paulus sê in 1 Korintiërs 3:16 en 6:19 ons as gelowiges is lewende tempels van die Heilige Gees. Ons is nie die duiwel se uitkampplekke nie. Jesus is ook op rekord in Matteus 12 dat Hy nooit Sy aardse eiendom met bose magte deel nie. Nogtans glo party gelowiges hulle lewens kan deur sulke duistere magte oorgeneem word. Gebrekkige Bybelse kennis veroorsaak verder dat sommige gelowiges soos ‘n wafferse geestelike Don Quixote allerhande windmeulens bestorm, wat hulle gedurig vir duiwels aansien. Wat ’n tragedie dat die satan so ’n superster in die kerk van alle plekke geword het. Party kerkmense weet meer van hom af as van die Here. Moenie aan die duiwel soveel eer gee nie. Ja, hy is soos ‘n brullende leeu. Maar weet ook saam met Paulus in Kolossense 2:14 dat God al die teenmagte by die kruis verslaan het. Skuil by die Here, wat sterker is.

bottom of page