Die Bybel is nie “Die Groot Verseboek vir Godsdienstiges” nie
top of page

Die Bybel is nie “Die Groot Verseboek vir Godsdienstiges” nie


In sy nuutste Goeie Nuus, skruf Stephan Joubert oor hoe versindelings in die Bybel ontstaan het.
Die Bybel is nie “Die Groot Verseboek vir Godsdienstiges” nie

Die meeste van ons is dwarsdeur die Sondagskool sonder om ooit een Bybelboek baas te raak. Ek onthou ekself moes ’n klompie Bybelverse memoriseer en die stories van Moses, Dawid, Jona en Jesus baasraak. In die belydenisklas is ek geleer van belydenisskrifte en van leerstukke, soos “die doop” en “die uitverkiesing.” Maar nooit het enigiemand my geleer hoe om Genesis, Jeremia, Romeine, Openbaring en die res van die Bybelboeke onder die knie te kry nie.


My eie hervorming was om te ontdek die Bybel is nie “Die Groot Verseboek vir Godsdienstiges” nie. Ek was verstom om te ontdek ons hoofstukindelings van die Bybel is kort voor 1225 deur Stephen Langton aangebring. Versindelings is eers in 1555 deur Robert Estienne aangebring. Dit was ’n persoonlike AHA-oomblik om te besef God is nie ’n versaangedrewe God nie. Hy is aan die woord in Bybelboeke. God praat nie in losstaande verse nie. Daarom moet ons ook Bybelboeke ons eie maak. Ons moet deel word van God se groot verhale, nie andersom nie. Die Bybel is nie slegs ons “go to”-boek, wanneer ons antwoorde soek nie. Dit is ons “leef vanuit”-boek.


Terloops, bely jy ook mooi dinge oor die Bybel, sonder dat jy ’n idee het wat daarin geskryf staan? Doen asseblief iets beter as om net op die Bybel te staan: Klim af; lees dit en leef!

bottom of page