Dankbaar
top of page

Dankbaar


Stephan Joubert skryf in hierdie Heilige Gees artikel oor nog ‘n lewensbelangrike bewys van die vervulling met die Here se Gees is ‘n lewe van dankbaarheid.
Dankbaar

Nog ‘n lewensbelangrike bewys van die vervulling met die Here se Gees is ‘n lewe van dankbaarheid. Sy inwoning by my verander my in ‘n dankbare mens, wat weet dat alles wat ek is en het, van Hom alleen afkomstig is. Op my eie is ek net mooi niks, net ‘n stoffie in die weegskaal en slegs ‘n druppel in die emmer. Maar dis die Gees wat my opgerig het om ‘n lewende instrument in Sy hande te wees. Daarom dat Hyself my hart met arms vol dankbaarheid oorlaai.


Elke dag is ‘n genadegawe van die Here. Elkeen van my dierbares is spesiale lewende gawes om my op te bou en by te staan en op die Here se pad aan te help. Elke mens met wie ek paaie kruis, is iemand wat ek kan dien en op die hande dra. Die klere aan my lyf, die kos op my tafel, die dak bokant my kop - dit alles is gawes van die Here af. Maar bo alles vertel die feit dat ek Hom mag ken dat die Gees op ‘n kragtige manier in my lewe werk. Daarom kan ek nie anders as om in die Naam van ons Here Jesus Christus oor en oor vir God dankie te sê nie. Sy Gees roep woorde van dankbaarheid aanhoudend in my binneste uit. Daarom kan ek nie anders as om dankbaar te leef nie.


Gebed:

Dankie Here. Dankie vir U, vir my geliefdes, vriende, mense, ‘n lewe - vir alles! Amen.

bottom of page