Daar’s nie genoeg plek in jou hart vir dubbele lojaliteite nie
top of page

Daar’s nie genoeg plek in jou hart vir dubbele lojaliteite nie


Die wêreld waarbinne die Bybel ontstaan het was ’n wêreld propvol dooie gode en godinne. Dit was vir baie mense in daardie tyd vreemd om te moes hoor daar is net een ware God. Tog is dit nie net die reine waarheid nie; dit is ook bevrydend. Om ’n horde gode te moet dien is sieldodend. Letterlik! Jesus het gesê ons kan nie vir twee here tegelyk werk nie. Ons kan nie dubbele lojaliteite hê nie. Ons harte beskik nie regtig oor sulke kapasiteit nie. Daarom kan ons nie vir God en Mammon, die geldgod, in een asem dien nie. Mammon is ’n slegte afgod. Hy laat mens voltyds vir hom werk met die wortel voor jou neus dat as jy vir hom leef jy gelukkiger sal wees. Maar dan tref die ontnugtering jou dat daardie nuwe motor, rekenaar, klere, vakansie, werk, huis of wat ook al, se geluk een of ander tyd verbygaan. Jy bly steeds jouself met jou ongelukkighede en vrese te midde van al daardie besittings wat jy gedink het permanente geluk sal waarborg. Jesus weet dit; daarom rig Hy sy uitnodiging aan ons almal om sy ligte las en sy sagte juk op ons eie skouers te laai. Dan vind ons blywende rus vir ons siel. Doen dit en leef!

bottom of page