“Carpe Manana”
top of page

“Carpe Manana”


Stephan Joubert vra in sy nuutste Goeie Nuus oor wat “Carpe Manana” beteken vir 2021.
"Carpe Manana"

Carpe diem - Gryp die dag! Ons het dit al baie kere gehoor. Maar hier teen die einde van ’n ontstuimige 2020 moet ons ook ’n ander uitdrukking hoor: carpe manana: Gryp die dag van môre! Môre hierdie tyd is dit volgende jaar. Die sand het regdeur 2020 se Korona-aangedrewe uurglas geloop. Nou word ons uitgedaag om vorentoe te stap. Die beste manier om dit te doen, is om ons hande in God se sterk hand te sit. Ons is swak en broos. Ons verdwaal maklik. Ons weet nie hoe om vorentoe te gaan nie. Maar daar is Een wat weet - die lewende Heer in wie se sterk hand ons nou ons eie hand plaas. Hy is die Een, wat weet van môre en van die groot nuwe dag wat ook op ons wag! In Sy greep van genade is ons op koers, al weet ons nie hoe 2021 se pad sal uitspeel nie. Daarom dat ons met geloofsmoed die carpe manana-roete kies.

Mag elke dag, wat jou gegun word in 2021, een wees in die genadige teenwoordigheid van die Heer. Mag jy in 2021 die Here se stem helder hoor en sy nabyheid op nuwe maniere beleef.

bottom of page