Briek nou daardie Kersfees-onvreugde
top of page

Briek nou daardie Kersfees-onvreugde


Ek onthou hoe beswaard Ou-dominee in my kinderdae oor die “verwêreldliking” van Kersfees was. Party ouens is nog steeds nog beswaard hieroor. Klagtes oor die kommersialisering van hierdie fees is steeds die in-ding. Om alles te kroon is daar ook nog die diegene wat sê Kersfees is ’n heidense fees. Dan is hulle sommer ook diklip oor almal rondom hulle wat dit reg vier.


Soos wat ek elke jaar myself herinner: ekself gee die regte betekenis aan hierdie fees. As ander mense dit met ander motiewe vier, dan is dit hulle eie saak. My familie en ek kies om Jesus se aankoms op aarde in hierdie dae feestelik te gedenk. Nee, ons vier nie sy verjaarsdag nie, want 25 Desember is nie Jesus se geboortedag nie. Die vroeë kerk het egter gekies om hierdie dag, waarop die songod se oorwinning oor die duisternis herdenk is, as die aankoms van die ware Lig te vier. Hulle het juis ’n heidense feesdag omskep in die feesdag van Jesus se geboorte. Ek doen dit saam met hulle. Ek herdenk graag die aankoms van die Verlosser van hierdie wêreld tussen ons in hierdie dae. Ek maak dit ’n Christus-fees.

bottom of page