top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Bou reg


Lees Matteus 7:24


“Hoe kan ek oorleef as Eskom die kragtariewe verhoog, as inflasie buite beheer styg en as kos onbetaalbaar duur word?” wonder jy. Voel jy ook dat die skerp kante van die lewe ses - stroop daar op jou eie voorstoep wen? Nou ja, dit hang natuurlik af van watter meetinstrumente jy gebruik om jou eie geluk of ongeluk mee te meet. As dit net met al daardie lang Y-dinge te make het – wat jy ry, waar jy bly en wat jy elke maand in geldterme kry - dan gaan jy bes moontlik met ‘n paar kopsere opgeskeep sit. Geluk wat eksklusief op sulke tasbare dinge gebou word, is op die ou end net gelddiep! Hoe dikker die geldlaag, hoe meer die geluk en omgekeerd, glo jy! Wel, geluk word nie hierop gebou nie. Dis net sand, wat jy rondom jou sien, as dit die fondament van jou lewe geword het. Hou op voor dit te laat is. Draai om. Draai Godwaarts.


Wanneer jy die Gees van God toelaat om jou lewenshuis op Christus se rots te bou, dan staan jy sterk. Dan het jy ‘n hede en ‘n toekoms. Dan meet jy jou lewe reg, naamlik aan Jesus se persoonlike teenwoordigheid. Dan sal Sy Gees se vreugde jou lewe oorstroom, al is dit donker in die land en die inflasie hoog. Dan is jou hoop op die regte Rots gebou, daardie Een, wat nie wankel as alles rondom jou wankel nie!


Gebed:

Here Jesus, op U bou ek my lewe vandag. Amen.

Comments


bottom of page