As jy vir twee dinge moet bid…
top of page

As jy vir twee dinge moet bid…


Spreuke 30:7-9 bevat een van die min gebede in die boek Spreuke. Die Spreukeskrywer bid net vir twee dinge. Die eerste een is opregtheid. Hy weet God kan leuens en onwaarhede nie uitstaan nie. Of valsheid nie. Tweedens bid hy ook vir ’n doodgewone lewe- hy wil nie te arm of te ryk wees nie. Die rede: rykes steun graag op hulle rykdom. Hulle het niks of niemand nodig nie, ook nie vir God nie. Daarom verloën party van hulle die Here. Armes, daarteenoor, kry dikwels so swaar dat hulle harte hard word. Hulle gee op en begin steel. Dan doen hulle God se Naam oneer aan. Om te bid soos wat die Spreukeskrywer bid, is dapper, want meeste mense wil ryk wees. Almal dink geld is sinoniem met geluk. Almal dink dit gaan hulle lewe lekker en maklik maak. Maar die beste gebed om te bid, is soos wat Jesus ons leer: “Gee ons vandag ons daaglikse brood.” As die Here dit vir ons gee, het ons meer as genoeg. Wanneer Hy ons goeie Herder is, dan is ons veilig. Dan word ons goed versorg. Dan kort ons niks meer in die lewe nie.

bottom of page