top of page

As ek onregverdig behandel word


Elmarie van der Westhuizen vertel hoe die Bybel ons help as ek onregverdig behandel word.
As ek onregverdig behandel word
“Hurt people hurt people. So, maybe before I wound someone next time, I’ll stop and think if it’s because I’ve been hurt, myself. I’ll try to remember.”

Charles Eades


‘n Goeie vriend vertel hoe hy onlangs aan die ontvangkant van ‘n 10 minute woedeuitbarsting van een van sy huurders was. Hy moes, sonder dat hy skuld aan die situasie gehad het, na die jongman se verbale aanvalle luister. Hy het geduldig geluister, na die tirade ‘n afspraak gemaak en hom die volgende dag gaan sien. My vriend vertel toe dat hy die vorige oggend in sy stiltetyd, terwyl hy vir die jongman gebid het, ervaar het dat dié BAIE seer het. Toe die jongman die deur oopmaak, het hy dadelik om verskoning begin gevra vir sy optrede, waarop ons vriend geantwoord het:

“You are hurting my friend, let’s talk about that.”

Met trane in sy oë het die jong man sy hart oopgemaak. ‘n Uurlange gesprek het gevolg, waar hy die vrymoedigheid gehad het om sy seer te deel.


Dit verg groot selfbeheersing en Geesvervuldheid om stil te bly, wanneer iemand jou beledig en slegsê, wanneer jy aan die ontvangkant van iemand se frustrasie en woede is. Soms, weens gebrek aan selfbeheersing, raak ons in ‘n woordgeveg betrokke om onsself te verdedig. As ons egter verby ons eie seer en woede kan kyk en iemand sien wat dalk deur sy eie pyn gaan, kan ons optrede anders wees. Ons kan dan in liefde uitreik ten spyte van die onregverdige aanval.


Jesus het in Sy lewe op aarde met baie moeilike mense te doen gehad. Hy het nie terugbeledig of hulle vermy nie. Inteendeel – Hy roep ons op om ons vyande lief te hê:

“As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter beloning is daar dan vir julle? Selfs korrupte tollenaars doen presies dieselfde.” 

Dit is slegs deur die genade van God en die krag van die Heilige Gees, wat in ons werk, dat ons ons vyande kan liefhê. (Matt. 5:46)


As ons in Sy voetspore wil volg, gaan ons in liefde en geduld moet uitreik na krimpvarkie-mense ten spyte van hul knorrigheid en onredelikheid, net soos Hy ons liefhet ten spyte van al ons foute en tekortkominge.


“There is the great lesson of 'Beauty and the Beast’ that a thing must be loved before it is lovable.”

G. K. Chesterton

Commentaires


bottom of page