As ek moet byt, dan byt ek vas
top of page

As ek moet byt, dan byt ek vas


“Dit is maklik vir jou om te sê die Here sorg, want jy het genoeg om van te leef.” Hierdie woorde steek nou nog vas in my gedagtes. Daardie persoon, wat dit vir my gesê het, het my laat besef dit is makliker om sekere dinge te sê, wanneer jyself nie ‘n krisis op daardie spesifieke terrein beleef nie. Dit is maklik om te sê mense moenie moedeloos raak, wanneer jyself nie moedeloos is nie. Of om te sê mense moenie twyfel, as jou eie geloof sterk is nie. Of om te sê die Here sal sorg, as daar meer as genoeg brood op jou tafel is nie.


Nogtans, of dit moeilik is en of dit maklik is, egte geloof is om die Here in alle situasies te dien. Egte geloof groei stroomop. Dit gedy in moeilike omstandighede. Dit herinner my juis aan Eugene Peterson se woorde: “Faith is a long obedience in the same direction.” 'n Lewe van geloof is sinoniem aan ’n lewe van toewyding aan God onder alle omstandighede. In gewone taal gesê: ’n deurleefde geloof in die Here kos vasbyt. Daarom sê ek aldag vir myself: as ek dan moet byt, byt ek vas wat my geloof betref!

bottom of page