top of page

As dinge beter raak, word jy nie vanself blyer nie


Stephan Joubert skryf in sy nuutste ekerk Goeie Nuus nuusbrief oor as dinge beter raak, word jy nie vanself blyer nie.
As dinge beter raak, word jy nie vanself blyer nie

Mense is van nature probleem-raaksieners. Dit bevind die bekende Amerikaanse navorser Dan Gilbert. In een van sy studies oor geluk kom hy tot die gevolgtrekking mense is oor die algemeen slegte beoordelaars van dit wat hulle gelukkig maak en wat nie. Selfs wanneer probleme binne enige situasie verminder, soek mense dadelik na ’n paar nuwe moeilikhede. Of hulle skep sommer ’n paar nuwes. Of hulle maak klein probleme skielik groter as wat dit tevore was. 


Mense hoop graag op ’n beter môre, maar hulle kan nie behoorlik raaksien wanneer hulle uiteindelik op daardie einste groen weivelde begin rondloop nie. Dalk is dit hoekom Dawid in Psalm 37 skryf dat ons nie ons koppe moet breek oor al die moeilikheid in die lewe nie. Ons moet rustig voortgaan met ons eie lewe, terwyl ons die Here met toewyding dien. Ons moenie foutvinders wees nie, maar probleem-oplossers. Ons moet fynkenners wees van die goeie dinge wat die Here doen en van mooi dinge wat in mense se lewe gebeur. Dan daag vreugde regtig in ons lewe op. Dan deel die Here dit met ons vanuit sy hemelse skatkamers. Dan hoef ons dit nie self te soek of na te boots nie.

Comments


bottom of page