As daardie donkertes opdaag, is God nie weg nie
top of page

As daardie donkertes opdaag, is God nie weg nie


Stephan Joubert skryf in hierdie week se midweek Goeie Nuus dat as daardie donkertes opdaag, is God nie weg nie.
As daardie donkertes opdaag, is God nie weg nie
“Life must be undergone.”

So skryf die bekende digter, John Keats (1795–1821), op ’n keer vir ’n goeie vriend van hom. Keats was nie onbekend met depressie of met wisselende emosies nie. Hy het geweet van daardie groot donkertes wat soms op jou lewe toesak. Tog het hy geweet dat hy met sy goeie vriende hieroor kon praat. Van depressie gepraat - ook hier in ons dag kuier sulke ongenooide gevoelens by baie mense. Moenie dit in die geheim ontvang nie. Moenie gratis verblyfreg hieraan gee nie. Of dit te lank laat vertoef nie.

Kry dadelik professionele hulp. Praat eerlik hieroor met goeie vriende en familie. Depressie is nie ‘n skande nie. Of ’n sonde nie. Nog minder is dit een of ander binding van die satan, soos wat party verdwaalde godsdienstiges meen. Groot kerkleiers, soos Martin Luther, het ook hiermee geworstel. Depressie is ’n siektetoestand wat vererger solank as wat dit geheim gehou word. Weet in sulke tye dat die Here jou nie verlaat het nie. Hy het jou nie afgeskryf as sulke donkertes dalk ongenooid in jou lewe opdaag nie. Weet dan dat God by jou is. Weet ook dat Hy graag van ander mense gebruik maak om jou in sulke tye by te staan en te ondersteun.

bottom of page