Amper is nie stamper nie
top of page

Amper is nie stamper nie


“Jy het my amper tot aksie beweeg,” sê iemand droogweg vir my na ‘n preek. Later, toe ek hieraan terugdink, skiet koning Agrippa se woorde in Handelinge 26:28 deur my kop. Dit was terwyl hy na Paulus geluister het, toe hy ’n gevangene in Sesarea-Maratima was. Toe het Agrippa gesê Paulus beweeg hom byna om ’n Christen te word. “Amper is nog nie stamper nie,” sou my oupa dadelik gesê het.


Dalk is ander mense dikwels al deur ons beweeg tot trane, tot bekering, tot vernuwing … Dalk het ander mense amper al by ons geleer om hulle lewens in orde te kry. Maar dis ongelukkig nie genoeg nie. Dit sal nooit wees nie, want as God nie self die beweegwerk doen nie, is alles tevergeefs. Die enigste manier om dit te laat gebeur en om dit te help fasiliteer(!), is om uit God se pad te staan sodat Hy kan doen wat net Hý kan doen. Net Hý kan mense se lewens deur Sy Gees verander. Dit beteken nie ons sit met gevoude arms rond nie. Ons doen wat ons kan … en wat ons moet! Ons plant die saad van die evangelie. Ons gee dit water. Dan staan ons uit die pad sodat God dit kan laat groei.

bottom of page