Almal deel in die fees
top of page

Almal deel in die fees




Almal is ingesluit. Christenskap is inklusief. Dit is nie net vir ‘n paar uitgesoektes bedoel nie. Nee, almal is in Jesuse se genade visier - jonk en oud, naby en ver, Jode en nie-Jode. Jesus sluit niemand uit nie. As die Gees kom, moet almal eenvoudig in sy feesvierings deel. Daarom dat die hele wêreld na die moeder van alle partytjies uitgenooi is. Daar is nog genoeg plek oor by hierdie feesmaal, soos wat Jesus in Lukas 14 vertel.

Dis nie genoeg dat net 3000 mense op pinksterdag tot bekering kom nie. Ja, dis wonderlik, maak geen fout nie! Maar die fees moet groter. Meer mense moet kom aansit by die tafel waar God Self die eregas is. Jy en ek is die bediendes en die kelners by hierdie ete. Ons moet die uitnodigingskaartjies wyd en syd versprei. Ons moet mense gaan haal waar hulle wegkruip in donker stegies. Niemand mag oorgeslaan word nie. Almal moet ‘n uitnodigingskaartjie in die hand hê. Dis wat die Gees van ons vra. Dis waartoe Hy ons toerus. Dis die boodskap waarmee Hy ons elkeen uitstuur. Nou ja, wat van jou? Hoeveel uitnodigingskaartjies het jy die afgelope tyd uitgedeel? Of is jy te skaam, of dalk te besig? Dan glo jy die opposisie se leuens. Dan is jy uit pas met die Gees se doel vir jou lewe. Kom asseblief by!

Gebed

Heer Jesus, ek meld aan vir diens in ‘n uitnodigingspan. Amen

bottom of page