My tong is onder nuwe Bestuur
top of page

My tong is onder nuwe Bestuur


Ons tonge is nie ons privaat eiendom nie - nie as ons sê ons dien die Here nie. Dan kan ons nie daarmee maak wat ons wil nie. So sê die Bybel. Woorde is wapens. Afhangende van in wie se mond woorde vorm aanneem, en uit wie se harte taal voortspruit, kan dit of goeie of slegte wapens wees. In die mond van ‘n dwaas is woorde soos dodelike messteke wat ander mense seermaak en verwond. In die mond van ‘n wyse is woorde soos goeie salf en genesende medisyne. In Titus 3:2 gee Paulus juis ’n belangrike riglyn vir reg praat as hy skryf dat ons nooit kwaad van ander moet praat nie. Ons woorde is nie veronderstel om lewensgevaarlik te wees nie. Dit moet die Here se liefde, en ons eie omgee, in die rigting van ander mense stuur. Daar is oorgenoeg skerp woorde in die wêreld te hoor. Daar’s heeltemal te veel vernietigende woorde in omloop. Praat asseblief anders oor mense en met mense. Praat goed. Praat opbouend. Praat gesond. Praat hoopvol. Praat die Here se troos nader. Praat twyfel en ongeloof uit die pad. Praat so dat mense agterkom jou eie tong is onder nuwe hemelse bestuur!


bottom of page