Liefde – ‘n toevlug
top of page

Liefde – ‘n toevlug


Sanctuary: a place of refuge, safety and rest; a place where you can feel at peace, the holiest part of a temple/church.

Ek het jare gelede ‘n ouer vrou, Brink se Tant Anna, se begrafnis bygewoon en was diep geraak deur die begrafnisrede: Die kenmerk van haar lewe was liefde. Hierdie beskrywing van haar lewe het my as heelwat jonger vrou geïnspireer om self daarna te streef om deur liefde, Jesus-liefde, gekenmerk te word.

Toe kom daar jare van soek en van struikel, van vergifnis en weereens vervul word met die Heilige Gees, van soek in die Woord (die Bybel) en van streef om Jesus se voorbeeld te volg. In hierdie tyd het Hy gewerk om toenemend van my lewe ‘n heiligdom/toevlug te maak, ‘n sanctuary, ‘n plek van vrede en rus – ‘n eiland van vrede en kalmte waar iemand anders nuwe moed en krag kan kry. Dit gebeur egter ongelukkig te dikwels dat my ou selfsugtige streep die oorhand kry en ek met ongeduld en onvergewensgesindheid meer skade as goed doen – ook aan myself. Dit bring my terug by die besef dat dit alles nie oor my gaan nie maar oor Jesus wat my so liefgehad het dat Hy sy lewe vir my afgelê het. Dis so ‘n voorreg om my sondige gesindheid/optrede teenoor Hom te kan bely en weereens in sy voetspore voort te stap.

Nickie Gumbel sê so mooi: “It is God’s love that overcomes evil. ….. In all your relationships – especially when you encounter great difficulties – imitate God.” Soos God self, moet ek ook wees: ‘gracious and compassionate, slow to anger and rich in love.’ (Psalm 145:8 NIV) Dan sal ek in elke situasie, in elke verhouding met God se liefde optree, met sy krag en liefde en ‘calm, well-balanced mind and discipline and self-control.’ (2 Timoteus 1:7 Amplified Bible)

God het my lief, nou en tot in ewigheid. Ek kan selfs daarna uitsien om iewers in die toekoms in die hemel verwelkom te word! Daarom kan en moet ek doen wat die wysgeer Plato gesê het: ‘Be kind, for everyone you meet is fighting a hard battle.’ As Christen kan en moet my lewe vir ander heenwys na die plek van veiligheid en rus, die sanctuary wat God se liefde in Jesus vir elkeen van ons bied.


bottom of page