Dit gaan nie oor geld nie, dit gaan oor onsself
top of page

Dit gaan nie oor geld nie, dit gaan oor onsself


Vrygewigheid is die wagwoord vir enige Christen. Dit behoort spontaan, aanhoudend en maklik te gebeur. Toe nie! Suinigheid wen. Kerke spaar hulle geld vir reënerige dae. Gelowiges draai hulle sente twee keer om. Mense hou hulle besig met teoretiese vrae soos: “moet ons tiendes gee, of nie?” “Is dit bruto of netto tiendes?” Hierdie is uitgediende vrae. Dit begin by die verkeerde vertrekpunt, naamlik by geld, en nie by Christus en onsself nie. In 2 Korintiërs 8:9 leer Paulus dat Christus wat ryk was om ons onthalwe arm geword het sodat ons in Hom kan ryk wees. Dit gaan oor Jesus wat Homself as offer gegee het wat nou ons rolmodel is wanneer weggee ter sprake is. Vanuit ons verhouding met Hom, gee ons onsself. Ons gee onsself as lewende offers aan die Here aan ander. Ons gee ons tyd, ons talente, ons gawes, ons geld. Dit gaan nie eerstens oor geld nie, maar oor onsself. Ons gee tydig en ontydig. Ons gee sonder voorwaardes. Ons gee met blye harte. Die groot vraag is dus of ons onsself onvoorwaardelik aan Christus se diens en aan ander gee. Dan sal ons geld vanself volg, en ruim ook…!


bottom of page