Toe skryf God ’n laaste eenlyner oor iemand
top of page

Toe skryf God ’n laaste eenlyner oor iemand


Die slotreël van ons eie lewensverhaal moet ’n goeie een wees. So wens ons almal. Maar partykeer is dit nie die geval nie. Nog erger, soms skryf God Self daardie einste slotreël. Jesus vertel in Lukas 12 van so ’n situasie in sy gelykenis van ‘n ryk man wie se hele bestaan net om homself gedraai het. Lewenslank het hierdie man al sy geld op homself uitgemors. Sy lewensfilosofie was min of meer die volgende: “jy het vir jouself ’n groot sak vol besittings opgegaar wat vir baie jare gaan hou. Eet, drink, hou partytjie, en geniet die lewe!” God kon hierdie godlose leefstyl egter nie uitstaan nie. Toe skryf Hy ‘n doodsberig oor hierdie man, ’n eenlyner: “Jou dwaas. Vannag sterf jy! Dan kry ander al jou besittings!” Wat ’n treurige slotverhaal vir enigiemand se lewe. Boonop is God se slotwoord nie maar net nog ‘n opinie nie. Dit is die realiteit! Daarom is dit lewensbelangrik om hier en nou binne God se wil te leef sodat sulke slottonele nooit die laaste sê oor ons lewe sal hê nie. Soek heel eerste die koninkryk van God. soos wat Jesus leer. Dan sal die slotverhaal van jou lewe een wees wat begin in die ewige koninkryk van die Here.


bottom of page