Hou op om ’n lafaard met ’n gewete te wees
top of page

Hou op om ’n lafaard met ’n gewete te wees


Een van die moeilikste dinge in die lewe is om te erken dat jy ’n lafaard is. Wag, daar’s nog iets erger - dit is om weet jy is ’n lafaard met ’n gewete. Jy weet dinge loop verkeerd, maar jy bly stil. Jy sien mense word benadeel, maar jy doen niks. ’n Vriend of vriendin maak droog. ’n Familielid is die pad byster. Mense by die werk is oneerlik. Maar jy kyk anderpad. Jy keer net vir jou eie paaltjies. Jy dink aan jou eie reputasie. Gelukkig is daar hemelse genade beskikbaar vir lafaards met ’n gewete. God se vergifnis is genoeg vir elkeen wat dit oorkom. Hy gee om vir ons met al ons niksdoen en agterbaksheid. Nogtans gee Sy genade nie aan nie aan ons ’n lisensie om saam met Kain in Genesis 4 sê ons is nie ons broer se oppasser nie. Integriteit is om oor en oor te kies vir die Here se pad. Dit is om te praat as onreg wen. Dit is om God se geregtigheid te doen. As Jesus se mense is ons nie bang om ons hande vuil te maak met die seer en die swaar van ander nie. Of om op te staan vir wat reg is nie.


bottom of page