Soek ons na God, of soek ons net goeters by God?
top of page

Soek ons na God, of soek ons net goeters by God?


Baie bidders is nie regtig op soek na ’n dieper verhouding met die Here nie, hulle soek net na antwoorde op hulle vrae, en na deurbrake. God is vir hulle die Groot Voorsiener. Hy moet gedurig regstaan met antwoorde, deurbrake, wonderwerke, geskenke en ander goeters. Te veel mense soek nie na die Brood van die lewe nie; hulle soek na gewone brood. Vra maar vir die inwoners van Kapernaum daar in Johannes 6. Hulle was nie tevrede om ’n eenmalige broodvermeerdering uit Jesus se hand te beleef nie. Hulle wou van nou af elke dag brood hê. Om net in Jesus as die Brood uit die hemel te glo, was nie genoeg nie. Brood eerste, Jesus tweede … gewone brood, daarna lewende brood. Te veel mense is soos hulle. Hulle soek net na antwoorde vir hulle eie probleme by God. Hulle soek nie vir God Self nie. Boonop moet hierdie antwoorde vandag nog opdaag. Soos wat iemand vir ’n vriend van my gesê het: “ek het nie heeldag tyd om op God te wag nie.” Hou asseblief op om so te bid. Dit is selfsugtig. Laat God self vir jou genoeg wees, dan sal jy beleef hoedat jou gebede ook verhoor word! Dan sal jy rus vind aan Sy voete.


bottom of page