Leier Nuusbrief Januarie 2020 Deel 2

January 29, 2020

Die Messias

Vir baie mense is Kersfees nie volledig sonder dat hulle ‘n vertoning van Die Messias bygewoon het nie. George Frideric Handel het in sy dertigerjare van Duitsland na London verhuis. Handel het homself gesien as ‘n komponis van operamusiek. Maar die openbare belangstelling in operas het in Engeland getaan In 1741 het die mismoedige Handel gedink dat sy aftrede naby was. Hy staan voor ‘n beroepskrisis en baie mense het gedink dat hy na Duitsland sou terugkeer.

Juis op hierdie stadium gee Charles Jennens vir hom die woorde (libretto) van die Messias. Jennens het versigtig Ou en Nuwe Testamentiese gedeeltes gekies. Hierdie gedeeltes het profesieë oor die Messias, Jesus se geboorte en dood aan die kruis en sy opstanding bevat.
Hierdie Christelike boodskap was deels as gevolg van die groeiende belangstelling in deïsme (die leer wat God as skepper, maar nie as bestuurder van die heelal erken nie. HAT). Omdat die deïste nie in die Goddelikheid van Jesus geglo het nie, wou Jennens hierdie denke teenwerk.

Vir Jennens was die Messias ‘n persoonlike passie, want hy was ‘n diep godsdienstige man – ‘n toegewyde Christen. Jennens skryf aan ‘n vriend: "I've done this scripture collection for Handel, and I hope that he will expend his best efforts on it so that it becomes his best oratorio because it's certainly on the best subject. The subject is Messiah."

Dit word aanvaar dat Handel Die Messias is slegs 24 dae gekomponeer het. Daarom glo baie mense dat dit deur God geïnspireer was. Handel het nooit sy huis in daardie drie weke verlaat nie. ‘n Vriend wat hom besoek het, het gesê dat hy Handel gekry het waar hy weens intense emosie gehuil het.

Terwyl hy die Halleluja-koor geskryf het, het hy gesê: "I did think I did see all Heaven before me, and the great God Himself." Vir Jennens en Handel was Die Messias ‘n evangelistiese instrument waardeur die evangelie met die massas gedeel kon word. Hulle het selfs die kontroversiële besluit geneem om Die Messias in teaters en nie in kerke op te voer nie. So wou hulle ‘n groter gehoor bereik Hulle het selfs sekulêre kunstenaars gebruik om die solo’s uit te voer.

Die bekende Handel-kenner, Tim Brown, skryf: "He touches people on every possible level. Whether it be on a spiritual level, or musical level, or dramatic level, there's something in Messiah for everybody, and of course for an audience."

Uitvoerings destyds was dikwels fondsinsamelingskonserte veral vir weeskinders: “Messiah has fed the hungry, clothed the naked, fostered the orphan... more than any other single musical production in this or any country."

Handel wou nie die krediet hê nie. Aan die einde van Die Messias skyf hy die letters SDG – Soli Deo Gloria; Aan God alleen die heerlikheid.

Ander bekende gedeeltes is die Benedictus. Dit is Sagaria se loflied in Lukas 1 wat begin met: Benedictus Dominus Deus (Lofwaardig is die Here) en die Magnificat (Maria se loflied ook in Lukas 1).

Vir baie mense is Kersfees nie volledig sonder dat hulle ‘n vertoning van Die Messias bygewoon het nie. George Frideric Handel het in sy dertigerjare van Duitsland na London verhuis. Handel het homself gesien as ‘n komponis van operamusiek. Maar die openbare belangstelling in operas het in Engeland getaan In 1741 het die mismoedige Handel gedink dat sy aftrede naby was. Hy staan voor ‘n beroepskrisis en baie mense het gedink dat hy na Duitsland sou terugkeer.
Juis op hierdie stadium gee Charles Jennens vir hom die woorde (libretto) van die Messias. Jennens het versigtig Ou en Nuwe Testamentiese gedeeltes gekies. Hierdie gedeeltes het profesieë oor die Messias, Jesus se geboorte en dood aan die kruis en sy opstanding bevat.
Hierdie Christelike boodskap was deels as gevolg van die groeiende belangstelling in deïsme (die leer wat God as skepper, maar nie as bestuurder van die heelal erken nie. HAT). Omdat die deïste nie in die Goddelikheid van Jesus geglo het nie, wou Jennens hierdie denke teenwerk.
Vir Jennens was die Messias ‘n persoonlike passie, want hy was ‘n diep godsdienstige man – ‘n toegewyde Christen. Jennens skryf aan ‘n vriend: 'I've done this scripture collection for Handel, and I hope that he will expend his best efforts on it so that it becomes his best oratorio because it's certainly on the best subject. The subject is Messiah.’
Dit word aanvaar dat Handel Die Messias is slegs 24 dae gekomponeer het. Daarom glo baie mense dat dit deur God geïnspireer was. Handel het nooit sy huis in daardie drie weke verlaat nie. ‘n Vriend wat hom besoek het, het gesê dat hy Handel gekry het waar hy weens intense emosie gehuil het.
Terwyl hy die Halleluja-koor geskryf het, het hy gesê: "I did think I did see all Heaven before me, and the great God Himself." Vir Jennens en Handel was Die Messias ‘n evangelistiese instrument waardeur die evangelie met die massas gedeel kon word. Hulle het selfs die kontroversiële besluit geneem om Die Messias in teaters en nie in kerke op te voer nie. So wou hulle ‘n groter gehoor bereik Hulle het selfs sekulêre kunstenaars gebruik om die solo’s uit te voer.

Die bekende Handel-kenner, Tim Brown, skryf: "He touches people on every possible level. Whether it be on a spiritual level, or musical level, or dramatic level, there's something in Messiah for everybody, and of course for an audience."

Uitvoerings destyds was dikwels fondsinsamelingskonserte veral vir weeskinders: “Messiah has fed the hungry, clothed the naked, fostered the orphan... more than any other single musical production in this or any country."

Handel wou nie die krediet hê nie. Aan die einde van Die Messias skyf hy die letters SDG – Soli Deo Gloria; Aan God alleen die heerlikheid.

Ander bekende gedeeltes is die Benedictus. Dit is Sagaria se loflied in Lukas 1 wat begin met: Benedictus Dominus Deus (Lofwaardig is die Here) en die Magnificat (Maria se loflied ook in Lukas 1).

Deel jou geloof met skeptici

Om jou geloof met skeptici te deel, is geen maklike taak nie Die menses sal lag vir jou seining Jy mag dalk in die versoeking wees om jou geloof af te water om meer kredietwaardig te wees. Hoekom sou jy dit doen? ‘n Gebrek aan vertroue in die evangelie of jy verstaan nie wat bediening aan skeptici behels nie.  Evangelisasie behels altyd ‘n bevestiging van wat die evangelie is en ‘n verdediging teen sekere besware, aanvalle en misverstande.

Hoe deel jy die evangelie met skeptici? Hier is ses moontlikhede:

1. Bied die waarheid aan as kenbaar

Die Christelike wêreldsiening bied meer aan as wat meeste mense besef. Hoe gebruik ons die basiese wette van logika in ons alledaagse gesprekke. Iets kan nie terselfdertyd beide waar en vals wees nie. Hoe kan die naturalistiese raamwerk vir so ‘n logiese wet verantwoordelik wees?  Selfs Charles Darwin het getwyfel of hy sy denke kan vertrou as die brein bloot ‘n produk van evolusie is. C.S. Lewis sê dat die problem van naturalisme selfteenstrydigheid is. G. K. Chesterton noem naturalisme “the thought that stops all thought.” Net die Christelike geloof verskaf ‘n redelike verduideliking vir rede. Slegs argumente teen God voorveronderstel logiese wette wat net sin maak as daar ‘n ewige, intelligente, persoonlike Skepper is. Die Bybel maak sin van die wêreld waarin ons woon en verskaf die fondament vir rasionele bespreking.

2. Bied God aan soos Hy Homself openbaar

Ons moenie God afwater om die evangelie meer verteerbaar te maak nie. Doen ons dit bemark ons ‘n god wat ons self gemaak het – ‘n dowwe beeld van ‘n impotente godheid. Net die Christelike geloof gee vir ons ‘n redelike verduideliking vir rede.

Ons moenie God afwater om hom meer bemarkbaar te maak nie. Bied die soewereine God van die Bybel aan as die sleutel vir die verstaan van die menslike narratief.

3. Bied Christus as die Verlosser aan

Die mens se verhaal sluit in sonde, berou en skuld. Skuldgevoelens is net ‘n simptoom. Sonde en skeiding van God is die basiese probleem. Genade is die enigste teenmiddel. Ons evangelisasie moet begin met ‘n eenvoudige aanbieding van die evangelie. Ons kan nie op Jesus se aanspraak verbeter nie: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur my nie (Johannes 14:6). Moet nooit jou verantwoordelikheid om die goeie Nuus te deel, abdikeer nie. Ons argumente kan nie iemand red nie. Net Jesus kan mense red.

4. Bied die Skrif as gesagvol aan

Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van die gewrigte en murg (Hebreërs 4:12).

As jy met skeptici praat, moenie die Skrif gelykstel aan ander bronne nie. Jy is nie God se redakteur nie, maar sy reklame-agent. God wag nie vir jou regstellings nie, sy woord is reeds gedruk.

Moenie die betroubaarheid van die Bybel afwater nie en dit net om skeptici se besware te vermy. Moenie die krag van die evangelie onderskat nie. Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God (1 Korintiërs 1:18).

5. Bied weergeboorte as noodsaaklik aan

Geen evangelis glo dat sy argumente iemand se hart sal verander nie. Hulle bid wel dat God hulle klein pogings sal gebruik om sekere intellektuele hindernisse te verwyder. Hulle bid ook dat die Gees mense sal oortuig. Om Christus met enigeen te deel, beteken dat jy die lig van die evangelie in die donkerte van Satan se ryk laat inskyn. Doen jy dit in jou eie krag sal jy misluk. Soos Paulus moet jy bid: Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het (Efesiërs 1:18). Sonder die werking van die Gees werk ons tevergeefs.

6. Bied jouself as nederig aan

Daar is niks erger as ‘n arrogante apologeet nie. Maak nie saak of jy reg is nie as jy neerbuigend is, sal dit nie werk nie. Onthou altyd 1 Petrus 3:15: In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus, die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.  Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.

Wanneer Christus die Here is en as ons nederig is, is ons op die regte plek. As ons die soewereiniteit van God, die gesag van die Bybel en die behoefte vir die Heilige Gees verstaan, is ons op Pad om God te eer met ons evangelisasie van skeptici.

Kersfees as Christelike vakansiedag

Nêrens in die Skrif lees ons van ‘n feesviering om Christus se geboorte te vier nie. Niks in die Skrif  gee vir ons ‘n bewys van Jesus se geboortedatum nie. Die gebrek aan spesifieke Skriftuurlike feite aangaande Jesus se geboorte staan in teenstelling met die besonderhede beskikbaar oor sy dood. In die laat tweede eeu het die kerkvader Origenes gespot met die geboortevierings van die Romeine. Hy het dit as heidense praktyke gesien. Ons kan dus aanvaar dat Christene nie Jesus se geboortedag herdenk het tydens Origenes se leeftyd nie (165 – 264 nC). Die eerste kerkleier wat Jesus se geboortedatum bespreek het was Klemens van Aleksandrië in ongeveer die jaar 200. Desember 25 is nie eers genoem nie. Teen die middel van die vierde eeu het die Westerse kerke reeds die geboorte van Jesus op 25 Desember gevier, terwyl die Oosterse kerke dit op 7 Januarie gevier het.

Hoe het die kerk by hierdie datum uitgekom? Die Jode het geglo dat die begin en einde van belangrike gebeure op dieselfde dag  plaasgevind het. Aan die begin van die derde eeu sê Tertullianus dat hy presies weet wanneer Jesus gesterf het (24 Nissan of 25 Desember). So hy weet wanneer Maria swanger geword het (25 Maart). Jesus is dan nege maande later gebore. Tertullianus was waarskynlik verkeerd in sy gevolgtrekkings.

Dit is interessant, want 1 Januarie is gewoonlik gevier as die dag waarop Jesus besny is (dit is agt dae na die 24ste. Dit was eers tydens die 4de tot 6de eeue dat Christene van die heidense feeste verchristelik het. Dit was tydens hierdie tyd dat Kersfees van sy heidense tradisies verkry het. Hoekom toe eers? Tot ongeveer 300 – 420 het die Christene ‘n teen-kulturele oorlog met die heidene gevoer. Hulle was nie gereed vir kulturele aanpassings nie.

Aangesien op 25 Desember as die dag van Jesus se geboorte besluit is ongeveer 100-150 jaar voor die besluit om sekere heidense fees te verchristelik geneem is, is dit onredelik om te beweer dat die datum gekies is om sekere Romeinse heidene tevrede te stel.

Dit is waar dat die Romeinse keiser in 274 besluit het om 25 Desember as die “dag van die onoorwinlike son” (Sol Invictus) te verklaar. Dit was ongeveer 70 jaar na die Christene op 25 Desember ooreengekom het dat dit Jesus se geboortedag was. Die verklaring van die keiser mag selfs ‘n poging gewees het om die christelike feesviering te vernietig.

Miskien moet ons ‘n paar vrae prober beantwoord:

  1. Is Kersfees ‘n Bybelse vakansiedag? Nee.

  2. Bevat die Kersviering elemente wat van heidense oorsprong is? Beslis.

  3. Is 25 Desember die korrekte dag vir die viering van Jesus se geboorte? Moontlik, maar dit is baie onwaarskynlik.

  4. Is Kersfees ‘n heidense fees?Moontlik onakkuraat, maar nie heidens nie.

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 27, 2020

February 26, 2020

February 25, 2020

February 21, 2020

February 19, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload