Een, al is ons anders
top of page

Een, al is ons anders


Een van die heel mooiste, maar mees afgeskeepte tekste oor die Heilige Gees is 1 Korintiërs 12:13. Hier verduidelik Paulus die die doel van die doping met die Gees op ‘n aangrypende manier. Hy begin by die verskeidenheid wat daar tussen mense bestaan. Ons is almal verskillend. Party is Jode, ander is nie-Jode. Ons het boonop verskillende agtergronde, kulture, gebruike en beroepe, maar wanneer ons tot bekering kom en in die Gees gedoop word, dan word ons elkeen deel van Jesus se een nuwe liggaam.

Terwyl baie mense steeds onder mekaar kibbel oor die “meganika” van die doop met die Gees, stel Paulus veel meer in die doel daarvan belang. Hy skryf dat elke Christen in die Gees gedoop is met die doel dat ons almal nou een sal wees. Dit gaan dus nie vir Paulus oor die “dat” of die “hoe” van die Gees-doop nie, maar oor die “waartoe.” Met ander woorde, hoekom doop God sy kerk met die Gees? Die antwoord is voor die hand liggend- om ons verskeidenheid te omvorm tot ‘n nuwe eenheid. Nou tel ons eie kultuur of taal veel minder as ons saam-gedoop wees in die Gees! Alle Christene Gees-gedooptes. Nee, die doop met die Gees is nie iets wat net met sommige Christene gebeur nie. Dis juis God se geskenk aan ons almal sodat ons een in Hom kan wees!

Gebed

Gees van God, maak u kerk sigbaar een. Asseblief! Amen


bottom of page