Ken die verskil tussen dringendheid en gejaagdheid
top of page

Ken die verskil tussen dringendheid en gejaagdheid


Daar’s ’n verskil tussen dringende mense en gejaagde mense:

  • Gejaagde mense verstaan hulle lewe in terme van eindelose take wat vir die Here afgehandel moet word. Dringende mense weer word aangevuur vanuit 'n diep innerlike oortuiging van hulle liefde vir die Here. Dankbaarheid teenoor Hom en nie plig nie, beweeg hulle tot daaglikse liefdesdiens.

  • Gejaagde mense se werk is nooit klaar nie. Daar’s altyd nog ‘n gebed, nog ‘n besoek, nog ‘n vergadering. Dringende mense weet egter hulle is in die Here se diens. Daarom dien hulle Hom met ’n rustige dringendheid!

  • Gejaagde mense rus nadat hulle vir die Here gewerk het, maar dringende mense dien Hom en ander vanuit hulle rus in God.

  • Gejaagde mense werk vir die Here, maar dringende mense leef vir Hom. Hulle weet dit gebeur voltyds en lewenslank.

  • Gejaagde mense sit opgeskeep met skuldgevoelens oor alles wat hulle nog moet doen. Dringende mense geniet vryheid in Christus. Hulle probeer nie om alles vir almal te wees nie. God se goedkeuring tel die meeste vir hulle.

  • Gejaagde mense blink uit in beheer en kontrole om almal in die "boks" te probeer hou en tot aksie aan te spoor. Dringende mense is weer verhouding-aangedrewe. Elke dag groei hulle nuwe verhoudings met God en ander.


bottom of page