Leef nader aan ander
top of page

Leef nader aan ander


Nou die dag was dit geskenke oopmaak tyd. Nou is dit weer planne maak tyd. Die nuwejaar is hier. Wat van ’n besluit dat geen dag wat in 2020 oor ons lewenspad kom onopgebruik by ons sal verbygaan nie. Dan vat ons die nuwejaar van die begin af reg vas. God se eer moet vanjaar skitter in al ons interaksies en verhoudings. As navolgers van die Here weet ons lankal dat ons nie vir onsself leef nie. Ons is in 2020 nogmaals aan diens om ’n seën vir ander te wees, nie ’n probleem nie. Die grootste bewys van ons eie liefde vir God is juis wanneer ons ander mense dien. Dit mag nie net lippetaal wees nie. Naasteliefde wat nie vertaal word in in nuwe dade, woorde en verhoudings nie, is ’n klug. 2020 is ons jaar om vars inhoud te gee aan hierdie Bybelse roete van liefde. Vanjaar moet ons ander naam beskerm. In 2020 moet ons vriende se laste op ons skouers ’n rusplek kry. In die nuwejaar moet brood aandra vir hongeriges en brood breek saam met mekaar. Ons agenda is om ander mense elke dag wat 2020 met ons deel liefdevol raak te leef in die Here se Naam.


bottom of page