Weer ‘n aardse tent
top of page

Weer ‘n aardse tent


Wat weet jy oor God se vierde adres hier op aarde? Wel, as jy sê dis Jesus, is jy in die kol. Johannes sê dit baie duidelik in ons teks dat Jesus God se nuwe aardse perseel is. Letterlik skryf hy in die Grieks dat Jesus God se aardse tentwoning is. Die Here het kom tent opslaan hier tussen ons.

Hierdie keer, by God se vierde aardse adres, leer ons sy hart die heel beste ken. Dis hoekom hierdie Adres so belangrik is, want Jesus is die volle openbaring van God se hart. In sy woorde en dade leer ons God ken as ‘n God van liefde en ontferming. Ons sien Hom as die Here wat wil red eerder as om te straf. Jesus is regtig ten volle God by ons, maar dan as die God van liefde en omgee! Wat ‘n eer om God te mag ken.

Jesus het die sluise van hemelse redding wawyd oopgetrek bokant ons koppe. Hy het die tentflappe oopgegooi sodat ons almal kan naderkom na God toe. Nou is dit nie net Moses wat as God se vriend met Hom mag praat in sy tent van ouds nie. Nee, jy en ek ook! God se genadedeure is 24/7 oop. Sy ore is dag en nag gespits om ons hulproepe te hoor. Hy staan gereed om te red. Gryp hierdie kans aan en kom nader!

Gebed

Dankie Jesus! Dankie dat U God se aardse tentwoning is!


bottom of page