Ek weier om ’n dreigement te wees

November 18, 2019

“Ons moet opstaan vir die Waarheid,” sê iemand vir my. “Ek doen dit al van vroegdag af,” antwoord ek. Ek is ook nie deel van daardie praatkoor wat gedurig sê ons moet ons seëninge tel nie. Ek doen my allerbeste om my seëninge elke dag te tel. Dit hou my so besig dat ek nie meer tyd oorhet om te kla, of om moeilikheid raak te sien nie. Elke skewe snytjie brood, maar ook elke reguit een, is genadebrood hier in my omgewing. Dit reën hemelse seën sedert ek gekies het om daagliks vir die Here op te staan en my seëninge te tel. Nee, dit is nie vroom woorde nie. Ek weier net om ’n lewende dreigement te wees wat gedurig sê wat almal nog moet doen vir die Here.

 

Ek het gekies om vir die Here te leef, vroegdag al! O ja, ek het dit gister ook gedoen… en eergister. As die Here wil en ek leef, gaan ek dit môreoggend weer doen. Elke dag wat die naam “vandag” dra is nou ‘n opstaandag en ’n leefdag vir Christus! So lank as wat vandag net maar nog ’n dag is, en nie die enigste dag is wat ek het om volspoed te leef in die Naam van die Here nie, sal dinge aangaan soos wat dit aangaan.

 

As ek nie vandag nogmaals reg leef en goed doen nie, dan mis ek vir ’n volle 24 uur uit op Sy goedheid. Om nie te praat van die ander mense wat die Here op my pad geplaas het nie. Want dan gaan ek hulle ook nie voluit dien en liefhê soos wat Hy wil hê ek moet nie. Dan gaan ek nie daardie strome lewende water in hulle rigting laat vloei soos wat Johannes 7:38 leer nie. Ek het gekies om nie net ’n geestelike dreigement te wees nie. Ek het gekies om aan diens te wees. Ek het gekies om in aktiewe diens van Christus te staan. Maak asseblief hierdie keuse saam met my …vandag nog! 

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

December 13, 2019

December 6, 2019

December 5, 2019

December 3, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: