Die werksterrein van die Heilige Gees
top of page

Die werksterrein van die Heilige Gees


Die Gees het ’n eie werksterrein. In ‘n neutedop saamgevat, sou ons kon sê dat God die Vader die Skepper en Instandhouer van sy skepping is. Jesus se werk weer is om sondaars te red. En die Heilige Gees se taak is om mense te herskep en hulle lewens splinternuut te hou. Elke lid van die “uitvoerende hemelse bestuur” het’n bepaalde terrein waarop Hy veral werk. Maar ons het nie hier met waterdigte onderskeidinge te make nie. Dikwels in die Bybel word ook vertel hoedat die Vader, Seun en Gees dieselfde take verrig. Paulus skryf byvoorbeeld in 1 Korintiërs 12:4 en 1 Korintiërs 12:7-11 dat alle geestelike gawes van die Heilige Gees afkomstig is. Maar hy sê ook in 1 Korintiërs 12:5-6 dat die Vader en die Seun ook by die uitdeel hiervan betrokke is.

Partykeer vertel die Bybelskrywers dat een Persoon van die Drie-eenheid ’n bepaalde taak verrig, terwyl hulle later dieselfde aktiwiteit aan ’n ander Persoon toedig. So skryf Lukas in Handelinge 2:24 dat God die Vader vir Jesus uit die dood opgewek het, terwyl Paulus in Efesiërs 2:19 sê dat dit aan die Heilige Gees te danke is dat Hy uit die dood opgestaan het. In hierdie gevalle het met verskillende aksente op dieselfde werk van die drie-enige God te doen. Watter goeie nuus egter om in die hande van die lewende God te wees

Gebed

Drie-enige God, wat ‘n eer om deur U geken te mag word. Amen


bottom of page