Maak vrede. Wees gelukkig
top of page

Maak vrede. Wees gelukkig


Om agter geluk aan te trek asof dit ’n idilliese aardse bestemming is, of om geluk te probeer koop asof daar ’n spesifieke geldwaarde aan blywende vorms van geluk gekoppel is, is net so goed soos om agter die wind aan te hardloop. Die Prediker sê jy gaan verseker iets vang wanneer jy die wind jaag, maar dit gaan elke slag net nog ’n hand vol wind wees. As jy jou hand oopmaak, is dit alweer weg. Geluk is nie in die eerste plek ’n plek nie. Geluk kan nooit finaal vasgevang word in enige plek hier op aarde nie - nie as jy op soek is na langdurige “te-vrede-nheid” nie. Geluk setel in jou hart… of nie. Dit is ’n binne-ding. Bedoelende, dit begin in jou. As jy nie hier binne-in jou vrede het met die Here, met jouself, met ander, en ook met die lewe self nie, sal jy nooit blywende vrede vind nie. Dan sal geluk lewenslank ’n bewegende teiken bly wat jy keer op keer misloop. Maak vrede met Hom, met almal. Glo in daardie vrede wat jy opnuut gesluit het. Leef vanuit daardie vrede. Dit is geluk.


bottom of page