So lyk geluk wat langer as drie maande lank bly
top of page

So lyk geluk wat langer as drie maande lank bly


Gordon Hinckley sê: “the most miserable people I know are those who are obsessed with themselves; the happiest people I know are those who lose themselves in the service of others... By and large, I have come to see that if we complain about life, it is because we are thinking only of ourselves.” Almal op aarde wil gelukkig wees. Min mense het egter ’n behoorlike idee waaroor geluk regtig gaan. Daardie dinge wat veronderstel is om mense se geluksvlakke te laat styg se geluk hou gewoonlik vir so drie maande. Dan val hulle maar weer terug na hulle ou vlakke van (on)geluk. Blywende geluk is iets anders. Dit is nie situasie-aangedrewe nie. Of afhanklik van ’n paar emosies nie. Egte geluk is deel van ‘n goed-geleefde lewe in die Here se teenwoordigheid. Paulus skryf in Filippense 4:4 dat ons hierdie blydskap moet najaag. Dit is ’n diep innerlike tevredenheid voor die Here. Dit is om tot rus te kom in sy goedheid. Geluk is om ander te dien en lief te hê. Dit is om van onsself te vergeet en oop harte en hande vir diegene rondom ons te hê.


bottom of page