Wees ’n lewende biblioteek vol hemelse wysheid
top of page

Wees ’n lewende biblioteek vol hemelse wysheid


Ek lees onlangs van een kerklike argief wat reken dat hulle oor die drie kilometer se kerklike dokumente daar huisves. Dit dien as ’n stoorplek van belangrike dokumente en informasie. Nou ja, dit is een ding om sulke informasie te stoor, en iets anders om dit effektief te gebruik. Kennis wat nie gedurig in aksie omgeskakel word nie, is “onbekende” kennis, “rustende” kennis, “slapende” kennis… Uiteindelik word dit “sterwende” kennis. Kennis is belangrik. Kennis moet ook gestoor word. Maar indien kennis nie gereeld in aksie omgeskakel word wat ons geloof betref nie, is dit maar net nog ’n rak vol kennis. Met name leer Spreuke vir ons dat ons wyse mense moet wees. Wyses is wandelende stoorplekke en aktiewe verspreiders van die Here se kennis. Hulle leef sy kennis en wysheid konkreet uit. Hoe? Wel, hulle vrees die Here soos wat Spreuke 1 sê. Hulle systap dwase. Hulle help graag mense in nood. Hulle deel die Here se wysheid gedurig met ander. Hulle is lewende biblioteke propvol hemelse wysheid. Wees asseblief so iemand. Skakel daardie belangrike kennis oor God in die Bybel om in praktiese wysheid deur elke dag op die Here se pad te leef.


bottom of page