Gebed is nie ’n transaksie met God nie
top of page

Gebed is nie ’n transaksie met God nie


Gebed is nie een of ander onderhandeling met God nie. Gebed gaan nie oor myself nie - nie volgens die Ons Vader nie. Gebed gaan heel eerste oor God. Dit plaas al die fokus op Hom, nie op myself en al my behoeftes of versoeke nie. Gebed verskuif die soeklig weg van myself. Dit laat my wegkyk. Dit laat my opkyk. Dit laat my vir God beter raaksien in geloof. Ja, ek mag ook bid vir my porsie daaglikse brood. Ek moet! Maar dan gaan dit oor daaglikse brood, nie oor selfsugtige versoeke en selfgerigte behoeftes nie. Ek mag aanklop aan die hemelse deur. Ek mag by die Here hulp kom vra. Ek mag smeek en pleit. Dit doen ek sonder om enige gesprek met die lewende God te probeer dikteer. In elk geval het ek niks in my hande om mee te onderhandel as ek voor die Here kom staan nie. In verwondering kyk ek altyd op na Hom. Voor Hom daag ek op in nederigheid, soos wat Jakobus 4 my leer om te doen. Vir elke stukkie genadebrood uit Sy hand is ek eindeloos dankbaar. Aan God se voete kom ek regtig tot rus. En tot vrede!


bottom of page