Jesus se spesiale toeruster
top of page

Jesus se spesiale toeruster


Toe dit tyd was dat Jesus met sy openbare sending moes begin, het Hy op ‘n dag daar na Johannes die Doper toe gegaan met die versoek dat hy Hom moes doop. Net daar gaan die hemel toe oop. Die Gees het soos ‘n duif op Jesus neergedaal. God het feestelik vanuit die hemel aangekondig dat Jesus sy geliefde Seun so reg na sy eie hart is.

Daardie dag toe die Gees op Jesus neergedaal het, was daardie feesvierings in die hemel. Almal daar het geweet nou gaan die wêreld skielik andersom begin draai. Want Jesus, God se eie Seun, het pas amptelik sy diens hier op aarde aanvaar. En die Gees wat Hom verwek het en tot nou toe elke dag by Hom was, het Hom daar kom afsonder vir sy spesiale taak as redder.

Wanneer jy een of ander baie spesiale taak moet verrig, dan het jy die regte hulp en toerusting hiervoor nodig. Wel, Jesus het presies dit gehad, in die vorm van die Gees wat in oorvloed op Hom was. En in die vorm van sy Vader se aanmoediging en ondersteuning. Daarom dat Jesus alleen die Pad na God toe is, want God self was heeltyd in en by Hom tydens sy aardse reis. Daarom dat jy Jesus volledig met jou enigste, kosbare lewe kan vertrou.

Gebed

Aan U al die lof, God, dat U u Kind met ons gedeel het. Amen.


bottom of page