Learning Community 7 November 2019 [nuus]
top of page
  • Writer's pictureekerk

Learning Community 7 November 2019 [nuus]


Ekerk is trots om 'n volgende Learning Community aan te bied. Ons Learning Communities is geleenthede om saam te luister, te leer en kuier met die fokus om ons geloof en bedienings te versterk. Hierdie Learning Community seminare is ook geakkrediteer om VBO en PCD punte toe te ken. Ekerk bied op 7 Novmeber 2019 by Mosaïek Gemeente in Fairlands so 'n geleentheid aan waar ons gaan gesels oor "Raak media baas: hoe om te kommunikeer in 'n wêreld wat nie kan ophou praat nie". Lees meer en registreer vir die geleentheid hieronder of kontak vir pierre@ekerk.org om meer uit te vind. Meer oor die dag: Die ekerk Learning Community is 'n leer geleentheid wat spesifiek bedoel is vir geestelike leiers wat meer wil leer binne die konteks van gesprek, gemeenskap en geloofwaardige bronne. Vir hierdie geleentheid fokus ons op kommunikasie. Om meer spesifiek te wees gaan ons kyk na die belangrike rol wat kommunikasie speel vir die kerk in 'n wêreld wat nie kan ophou praat nie. Effekteiwe kommunikasie is vandag meer as ooit van kardinale belang vir die kerk! Stephan Joubert gaan die dag anker en ons help om onder andere te kyk na hoe kommunikasie moontlik kan lyk en hoe belangrik 'n kultuur van effektiewe kommunikasie is in 'n gemeente asook hoe dit gekweek kan word. Ons gaan hierdie tema ondersoek vanuit ‘n Bybelse perspektief, gemeentebou konteks asook vanuit 'n media invalshoek. Prof Jan van der Watt gaan met ons gesels oor hoe belangrik effektiewe kommunikasie was in die Bybelse tyd en konteks. Hy gaan na kommunikasie vanuit die Bybel kyk en vra hoe dit van toepassing is in 'n gemeente se konteks. Dan is ons baie opgewonde om vir Barnard Beukman as ons gas te hê die dag. Hy is die redakteur van Beeld en hy gaan met ons kom deel hoe belangrik effektiewe kommunikasie is vanuit 'n media se invalshoek. Tom Smith is ook saam met ons die dag waar hy gaan gesels oor hoe belangrik effektiewe kommunikasie is vir ‘n gemeente en hoe dit prakties beoefen kan word. Waar: Mosaïek Gemeente, Fairlands Wanneer: 7 November 2019 Tyd: 9:00-15:30 Tema: Raak media baas: hoe om te kommunikeer in 'n wêreld wat nie kan ophou praat nie Koste: R300 pp (sluit middagete in) Sprekers vir die dag:

  • Stephan Joubert (skrywer, teoloog, ekerk)

  • Prof Jan van der Watt (skrywer, teoloog)

  • Barnard Beukman (Redakteur Beeld)

  • Tom Smith (leraar, skrywer)


bottom of page