top of page
  • deur Stephan Joubert

Los jy die beste vir laaste?


Kan ek sommer hierdie stukkie deel wat ek iewers in die daaglikse kolom in die dagblad Beeld geskryf het:

Erma Bombeck was ’n humoristiese Amerikaanse koerantskryfster. Een keer vra iemand of sy haar beste idees opspaar vir ‘n volgende kolom. Toe sê sy: “I don’t save anything. My pockets are empty at the end of a week. So is my file of ideas… I trot out the best I’ve got, and come the next week, I bargain, whimper, make promises, cower and throw myself on the mercy of the Almighty…” Kom ons leer by haar dat ons nie hier is om die beste te los vir laaste nie. Ons is nie lewende dreigemente nie. Ons sit nie ons hoop op eendag wanneer ons nog dit of dat vir God gaan doen nie. Ons laat vandag tel. Vandag is weggee dag, goed-doen dag, brood-breek dag, bid-dag, omgee-dag. Vandag maak ons ons lewensbeker leeg vir God, vir ons vriende, familie en vir ander. As ons môre leef, begin ons oor en doen dit weer. Daar sal die Here se genade nogmaals op ons wag om ons lewensbeker op te vul.


bottom of page